MAGAZINE - Koningin van die Kryt by Charmaine van Wyk in Keur, July 1994

Keur Magazine July 1994Wanneer Gaynor Schoeman verbystap, kyk die manne. Hulle kyk goed, want so 'n lang, soepel blondine verdien 'n goeie kyk. Sy is werklik 'n treffende vrou — op meer as een manier.

Gaynor is naamlik die SA skopbokskampioen in die boonste afdeling vir vroue. Sy is boonop 'n knap sakevrou, behendig met 'n skuurmasjien, 'n wereldreisiger en die toeskouers se gunsteling wan-neer sy in die kryt klim.

"Skop haar! Slaan, jong!" skree die toeskouers driftig wanneer sy deelneem.

In die kryt hoor Gaynor the juis die luide aanmoediging nie. Sy spits haar op haar taak toe. Elke spier werk saam teen haar teenstander. Sy mik links en tref met 'n regterhaak. Die toeskouers juig. Dit is wat hulle wil he.

Met 'n kombinasie van mokerhoue en kragskoppe oorrompel Gaynor haar teenstander. Sy is steeds die onbetwiste kampioen — en sekerlik een van die gedugste vroue in Suid-Afrika.

Die blonde Durbaniet is 1,8 meter lank en weeg 75 kg, maar jy soek verniet 'n greintjie vet aan haar. Jy sien slegs soepel spiere wat getuig van harde oefening en  toewyding.

"Ek was 'n paar kilogram oorgewig en wou daarvan ontslae raak. Terselfdertyd wou ek ook leer hoe om myself te verdedig," vertel Gaynor van haar besluit om skop-boks te beoefen.

In Suid-Afrika neem mans maar die afgelope agt jaar aan skopboks deel. Vroue het eers 'n bietjie langer, as 18 maande gelede begin meeding. Gaynor het egter al vroeer begin en meestal teen mans geoefen.

 

"Ek beoefen skopboks al vier jaar. Die eerste jaar het intensiewe basiese opleiding behels. Eers daarna is ek toegelaat om teen die ouens te skerm. Ons skerm nie volgens gordelkleur nie, maar volgens gewig. Dit gebeur dus gereeld dat ek (sy het 'n geel gordel) teen ouens met 'n swart gordel skerm."

Omdat mans meestal sterker is, moet sy meer konsentreer en in skermgevegte harder werk. "Ek put dus meer voordeel daaruit as uit skerm teen 'n ander vrou."

Sy is die ene vasberaden-heid voor die slaansak. "Ek verkies aggressiewe teenstanders," vertel sy. "Hulle dwing my om te konsentreer en my senuwees te vergeet. Dié wat poefterhoutjies uitdeel, maak dit moeilik om 'n gevegstrategie te bepaal en te volg."

Keur Magazine July 1994 Gaynor SchoemanKeur Magazine July 1994 Kickboxer Gaynor SchoemanSy het 'n strawwe oefen-program, "maar as jy die beste wil wees, moet jy alles gee. Maandae en Woensdae doen ons bewegingsopleiding en kombinasies, asook basiese fiksheidsoefeninge. In een oefenskof doen ons gemiddeld duisend skoppe en 'n paar honderd opsitte en opstote. Vrydae is dit tyd vir oefen met slaansakke, die peerbal en gewigte."

Sy het al sewe gevegte agter haar naam. Drie was semi-kontak en vier voile kontak. "Dis nou nie juis wafferse ervaring nie," erken sy. "Skopboks is baie groter oorsee as in Suid-Afrika. Hier is dit, veral vir vroue, nog 'n nuutjie; een van die redes dat die kaartjies vir 'n toernooi soos soetkoek verkoop.

"Oorsee is mense se houding teenoor vroue in 'n kontaksport meer oop en gemoedelik. "Wanneer jy se jy skopboks, is daar altyd iemand wat 'n suster het of vriendin ken wat 66k 'n kontaksport beoefen. jy word the skeef aangekyk soos al hier gebeur het nie.

"Suid-Afrikaanse mans het oor die algemeen sulke breekbare ego'tjies," laat val sy droogweg. "Die oomblik wanner jy iets anders doen as in die kombuis staan, oortree jy op hul gebied en voel hulle bedreig."

Gaynor ken die situasie alte goed. Op 27 het sy al twee florerende maatskappye op die been gebring — met standerd 7 agter haar naam.

"Ons was nooit lank genoeg op een plek sodat ek my skoolopleiding kon voltooi nie. Van kleins af seil ons gesin die wereld vol; sommer so twee jaar op 'n slag."

Toe sy elf was, het sy haar eerste transatlantiese seiljag-vaart beleef. Op die reis is hul jag in die Amasone-rivier beskadig en kon hulle nie verder nie. Haar pa moes uitspring en gaan werk sodat hulle die herstelwerk kon bekostig. Omdat dit op 'n taamlik afgelee plek was, moes hulle die herstelwerk self doen.

"My pa het my 'n skuurmasjien in die hand gestop en ek moes eenvoudig leer om dit te gebruik en dit goed te doen."

Keur Magazine July 1994 Gaynor Schoeman ShipShapeVan toe af het sy in elke hawe waar hulle vasgemeer het, geld verdien deur ander mense se bote te versien. Dit het 'n leefwyse geword; dermate dat sy nou haar eie maat-skappye het wat seiljagte herstel en verkoop.

"Ek is 'n werkholis wat 'n goeie skoot wanderlust weg het. Dis nogal moeilik om met die twee sye van my persoon-likheid saam te leef. Nou vat ek maar die goue middeweg: twee maande elke jaar gee ek my aan die wanderlust oor en vat die pad land uit."

Sy het onlangs van die Maldive-eilande teruggekeer en kan nie uitgepraat raak daaroor nie. Sy was al in Argentinie, Turkye, Amerika, Spanje, die Karibiese Eilande, Italie...

As of dit nie genoeg is nie, hou sy ook van voetslaan, valduik en skubaduik.

"Ek is nie erg huislik nie. Dit is vir my 'n straf om met ander vroue oor babas en naaldwerk te gesels. Ek het 'n sterk persoonlikheid en werk hard vir wat ek wil he. Die liefde in my lewe moet dus 'n man wees wat seker is van homself, wat my sal onder-steun en self hard kan werk om sy drome te bewaarheid."

Dat sy nie kleinserig is nie, spreek vanself. Daarom lag sy lekker saam wanneer 'n grap oor 'n dom blondine vertel word.

Die mans wat haar al in die kryt gesien het, sal gewis nie maklik sulke grappe in haar teenwoordigheid vertel nie, maar dat hulle kyk en weer kyk wanneer sy in die nabyheid is, kan hulle nie verkwalik word nie. Sy is inderdaad 'n treffer.

 

 


Become a Member

How do you become a Member?

Make a donation through mycause to receive your Membership Login. Articles are made public periodically, but as a Member, you get to read them first, months in advance!

 

Go to top